Radio- en TV-man, Johann Botha, is gisteraand (7 Junie) tydens ‘n rooftog by die Zebra Inn in die Maboneng distrik van Johannesburg doodgeskiet is.
Johann was ook voorheen die aanbieder van die TV program 50/50 en het steeds gereeld bydraes geskep vir M-Net se aktualiteitsprogram Carte Blanche.
“Johann se dood is ‘n reuse verlies vir die land, media en die mense van Suid-Afrika. Sy dood onderstreep weer eens die vlaag van gewelddadige misdaad en rampokkery wat Suid-Afrika tans gevange hou,” het Willie Spies, besturende direkteur van Pretoria FM gesê.
Prof. Attie Gerber van die NWU Potchefstroomkampus wat saam met Botha gewerk het op verskeie programme vir 50/50 het op sy Facebookblad die volgende oor Botha gesê.
“Hy was een van die lekkerste en beste aanbieders met wie ek tydens my 50/50-vryskutdae gewerk het. Engels… Afrikaans… maak nie saak nie. Johann was ‘n “one-taker” – in stemwerk en veldaanbieding. Bowenal was hy ‘n aangename mens, en sy sinnelose dood laat ‘n groot leemte in Suid-Afrikaanse radio en TV,”
Meer besonderhede sal volg soos wat meer inligting oor die moord beskikbaar raak.



