Pukke steeds onoorwonne in Pirates Groot Uitdaagliga
NWU Pukke se eersterugbyspan het vanjaar in die Pirates Groot Uitdaagliga nog nie die bitter smaak van ‘n nerderlaag geproe nie en beleef nog net die soete smaak van ‘n onoorwonne seisoen tot dusver. Die Pukke het ‘n volle totaal van 40 punte na agt wedstryde met Raiders van Johannesburg wat met 30 punte hulle …
NWU Pukke se eersterugbyspan het vanjaar in die Pirates Groot Uitdaagliga nog nie die bitter smaak van ‘n nerderlaag geproe nie en beleef nog net die soete smaak van ‘n onoorwonne seisoen tot dusver.
Die Pukke het ‘n volle totaal van 40 punte na agt wedstryde met Raiders van Johannesburg wat met 30 punte hulle naaste teenstanders is. In hierdie liga speel UJ, Pirates, Wits, Wanderers, Randfontein en Roodepoort teen mekaar.
Afrigter, Burger van der Westhuizen, se span is sover pure klas op die rugbyveld met ‘n klompie spelers soos Diederik Oberholzer, Estehan Visagie, Myburgh Briers en Eugene Hare wat hulle hande opsteek.
Hierdie Saterdag, 10 Junie kom hulle Pukke teen Wits op die Fanie du Toit Sportgronde te staan en dit behoort soos gewoonlik ‘n taai kragmeting te wees.





