
‘n Man wie op ‘n plesierrit met sy fiets gaan ry het, is Sondagaand omstreeks 19:30 beroof.
Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man in Piet Bosmanstraat gery toe hy ‘n verdagte man gewaar. Op pad huis toe het hy weer verby die verdagte gery maar die keer het die verdagtevoor hom in gespring om sy fiets te gryp.
“Volgens die slagoffer het dit gelyk of die verdagte iets soos ‘n wapen uithaal,” het Chaka vertel.
Die slagoffer het vir die verdagte geskree om sy fiets terug te gee maar hy het bloot net weg gery.
“‘n Saak van roof gewoon word ondersoek maar nog niemand is in hegtenis geneem nie,” het Chaka gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



