NewsNews

Poging tot moord na aanranding ondersoek

Een van die twee mans wat op Vrydagoggend 16 Junie omstreeks 01:00 in Walter Sisulustraat deur vyf ander mans aangerand is, is glo so ernstig beseer dat die polisie ’n saak van poging tot moord geopen het.

Een van die twee mans wat op Vrydagoggend 16 Junie omstreeks 01:00 in Walter Sisulustraat deur vyf ander mans aangerand is, is glo so ernstig beseer dat die polisie ’n saak van poging tot moord geopen het.
Die Herald het verlede week op sy webtuiste berig oor die twee mans wat aangerand is nadat hulle van ’n bekende kuierplek teruggekom het. Een van die mans is in die hospitaal opgeneem, waar hy ’n operasie moes ondergaan.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was een van die mans saam met twee vriendinne op pad na sy motor, toe die vyf verdagtes hulle van voor af benader het. Een van die verdagtes het glo die man se vriendin gegryp, waarna sy weggeruk het en na die motor gehardloop het.
Volgens Manyoba het die man vir die mans gevra waarom hulle sy vriendin pla, waarna die vyf mans hom aangerand het.
‘n Vriend van die man het hom probeer help, maar is ook erg deur die groep aangerand.
“Die verdagtes is glo bekend aan die vriend wat kom help het. Hy het probeer help, maar hulle het hom brutaal begin aanrand, waarna hulle gevlug het,” vertel Manyoba.
“Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer en ‘n saak van poging tot moord word ondersoek,” het Manyoba gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button