Goedheid van die aarde: ‘n Ongesonde leefstyl dra toe tot tipe-2 diabetes
Diabetes – Deel 2 Soos daar reeds genoem is met die vorige uitgawe, speel insulien ‘n baie belangrike rol in jou liggaam se funksie en metabolisme. Daar is egter ‘n hele paar geneesmiddels en voedsel wat die werking van insulien affekteer. Sekere antibiotika, bloeddruk medikasie en aspirien kan die effek van insulien vermeerder, terwyl hormoon …
Diabetes – Deel 2
Soos daar reeds genoem is met die vorige uitgawe, speel insulien ‘n baie belangrike rol in jou liggaam se funksie en metabolisme. Daar is egter ‘n hele paar geneesmiddels en voedsel wat die werking van insulien affekteer. Sekere antibiotika, bloeddruk medikasie en aspirien kan die effek van insulien vermeerder, terwyl hormoon preparate, kortisoon, skildklier medikasie en ander tipe bloeddruk medikasie die effek van insulien kan verminder. Dit is belangrik om hierdie interaksies met jou dokter te bespreek.
As ons gaan kyk na tipe-2 diabetes is meeste gevalle ‘n resultaat van ‘n ongesonde leefstyl, en ons kan tot die gevolgtrekking kom dat leefstyl veranderings ‘n groot invloed kan hê om die toestand om te keer. Wanneer mens gereeld kosse eet wat jou insulien baie laat styg, verloor jou reseptors hulle sensitiwiteit en insulien weerstand bou op. Wanneer insulien nie behoorlik verbruik word nie, lei dit tot storing van vet, veral in die abdominale area.

‘n Paar maklik implementeerbare veranderings kan jou glukose vlakke konstant hou. Maak seker jy eet drie gereelde etes per dag, matige porsies en moenie ontbyt oorslaan nie, omdat dit jou suiker vlakke te laag laat daal. Hou jou peuselhappies klein en kies neute, sade, vrugte of groente, en selfs proteiën soos ‘n gekookte eier. Baie diabete merk beter glukose beheer indien hulle klein porsies proteiën by elke maaltyd insluit, onder andere neute, vis, hoender en kalkoen. Dit is veral belangrik om verfynde koolhidrate soos witmeel produkte, diepgebraaide kosse en lekkergoed te vermy.
Daar is ‘n paar aanvullings wat kan bydra tot die suksesvolle beheer van glukose vlakke, waarvan die bekendste chromium en kaneel is. Kaneel ekstrak kan veral sinvol wees om hoë suiker vlakke vinnig af te bring. Kliniese studies het getoon dat chromium insulien sensitiwiteit verbeter, asook beter algehele glukose beheer tot gevolg het. As jy ‘n diabeet is, maak eers seker voor jy enige aanvullings gebruik, watter invloed dit op jou huidige medikasie het! Volgende keer kyk ons na die lae GI benadering en die invloed van verskillende tipes kosse op jou suiker vlakke. Stuur gerus jou vrae na totalwellness.pharmacy@gmail.com



