NewsNews

AfriForum se Potchefstroom herstel 111 slaggate in twee weke

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het oor die afgelope twee weke 111 slaggate in dié dorp herstel. Dit behels ’n gebied van meer as 700 m2.

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het oor die afgelope twee weke 111 slaggate in dié dorp herstel. Dit behels ’n gebied van meer as 700 m2.

“Ons sal nie meer terugstaan en toekyk hoe Potchefstroom agteruitgaan nie. AfriForum sal voortgaan om deur die loop van die jaar nóg slaggate in die dorp te herstel. Ons sal inwoners bystaan om te verseker dat die dorp se toestand nie verder versleg weens die onbevoegdheid van die Tlokwe Plaaslike Munisipaliteit nie,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.

“Die tak is hier om ’n positiewe bydrae in die dorp te maak en doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak. Ons moet minder van die regering afhanklik wees en eerder selfonderhoudend word,” sê Herman Swiegers, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-tak.

 

Raak betrokke: SMS “Gat” na 45351 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button