
Die ontbinde lyk van ‘n middeljarige vrou is gister (19 Julie) omstreeks 15:00 in die veld naby Viljoenstraat gevind.
Volgens Darren kruger, voorsitter van Paws, was van die werkers in die veld gewees waar hulle die lyk aangetref het. Die polisie is dadelik gekontak wat die vrou se lyk teen omstreeks 17:00 verwyder het.
Dit is onbekend wat die oorsaak van die vrou se dood is. Dit sal eers kan bevestig word met ‘n nadoodse ondersoek.
Ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens haar was daar geen beserings aan die vrou se liggaam gewees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



