NewsNews

Verkragters tot vier keer lewenslank gevonnis

Vier mans is vandag in die hoogeregshof, wat in Klerksdorp sit, elk tot vier keer lewenslank tronkstraf gevonnis.

Vier mans is vandag in die hooggeregshof, wat in Klerksdorp sit, elk tot vier keer lewenslank tronkstraf gevonnis.

Dit volg nadat die vier mans, wat deel van die ‘Dog for Money’ bende is, ‘n ma en haar drie dogters voor haar seuns in Jouberton verkrag het.

Een van die verkragtingslagoffers is ‘n ses jarige kind.

Die verdagtes het die familie met messe gedreig, nadat hulle die ma en dogters verkrag het, het hulle ongeveer R6000 se goedere gesteel.

Volgens Kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is die verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 30. Hulle identiteit mag nie bekend gemaak word nie om die slagoffers te beskerm.

ʼn Vyfde verdagte wat nie aan die verkragting deel geneem het nie is na 22 jaar tronkstraf gevonnis vir huisroof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button