NewsNews

Polisie waarsku oor nuutste knoeiery

Die polisie het die gemeenskap gewaarsku teen ’n nuwe tendens onder swendelaars.

Die polisie het die gemeenskap gewaarsku teen ’n nuwe tendens onder swendelaars.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, word mense wie se voertuie gesteel is, deur swendelaars gekontak wat hul as lede van die polisie voorgee.
“Hulle vertel dan dat die voertuig gevind is, maar dat ’n bedrag geld saamgebring moet word om die voertuig te eis,” vertel Manyoba.
Volgens haar moet die gemeenskap nie val vir dié knoeiery nie, omdat die polisie nooit geld sal vra om ’n voertuig terug te eis nie.
“Die polisie sal slegs vra vir bewyse dat die voertuig aan die persoon behoort. Indien enigemand so ’n oproep ontvang, moet hulle die besonderhede kry en dit aan die polisie oorhandig sodat dit ondersoek kan word,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button