NewsNews

Gerrie Nel praat oor korrupsie en privaatvervolging

“As jy vir ’n feit weet jy gaan gevang en vervolg word sal niemand misdaad pleeg nie,”

“As jy vir ’n feit weet jy gaan gevang en vervolg word sal niemand misdaad pleeg nie,”
Dit was wat adv. Gerrie Nel en Afriforum wou tuisbring tydens sy besoek aan Potchefstroom.
Hy het Dinsdagaand by die Elgro Hotel sowat 100 mense toegespreek oor privaatvervolging. Nel is die hoof van Afriforum se privaat vervolgingseenheid. Volgens Nel is die eenheid nie gestig om ’n parallelle vervolgsgesag te wees nie, maar om seker te maak dat almal gelyk voor die reg is.
“Dit is ’n baie duur proses, so ons kan regtig nie bekostig om te verloor nie,” het hy in sy toespraak gegrap.
Nel het die proses van privaatvervolging aan die gehoor verduidelik en dat hulle baie seker moet wees van ’n saak voordat hulle self probeer vervolg. Volgens hom is daar al sake geidentifiseer wat hulle gaan vervolg, maar die besonderhede sal op ’n latere stadium bekend gemaak word.
Die fokus is daarop om korrupte persone te vervolg wat nie deur die nasionale vervolgingsgesag vervolg word nie.

Die volle video van Nel se toespraak is op die Herald se Facebookblad beskikbaar


Voorstelle oor sake wat Afriforum se vervolgingseenheid kan oorweeg kan via die webtuiste gestuur word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button