AdvertorialBusinessEntertainmentNews

Wen met Die Heuwels Fantasties en Potchefstroom Herald

’n Paar gelukkige wenners kan kaartjies vir die vertoning in Potchefstroom wen. Om te wen, vertel ons kortliks waarom jy ’n kaartjie moet wen om Heuwels Fantasties te gaan kyk.

Die Heuwels Fantasties is byna weer in Potchefstroom om hulle nuutste album, Okay! te vier.
Die album waarna Heuwels-aanhangers al lank uitsien, is op 5 Mei vrygestel. Pierre Greeff, Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Sheldon Yoko is almal terug en hulle liedjies word reeds op die radio, in studente se motors of vanuit koshuiskamers gehoor.

Die groep het hande gevat saam met ‘n paar bekende stemme soos Valiant Swart, JR en Hanu de Jongh. Ander musikante word ook in die nuwe album gehoor, soos Janine Neethling, Adriaan Brand, Hiram Koopman en Jannie van die Gereformeerde Blues Band. Die groep het inspirasie gevind in die pragtige Vleesbaai en is weer eens opgeneem in die groen en gonsende Stellenbosch. Die Heuwels Fantasties kan op 5 Augustus gesien word as deel van hulle Okay! toer by die Snowflake-gebou in Potchefstroom. Kaartjies kan vooraf gekoop word teen R80 by 082 703 6930 of teen R100 by die deur.

’n Paar gelukkige wenners kan kaartjies vir die vertoning wen. Om te wen, vertel ons kortliks waarom jy ’n kaartjie moet wen om Heuwels Fantasties te gaan kyk.

Stuur jou antwoord na marianke.saayman@media24.com. Die kompetisie sluit more, Vrydag 4 Augustus om 14:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button