NewsNews

Geen verband tussen moorde word ondersoek nie

Die lyk van 'n man tussen die ouderdom van 30 en 35 is gisteraand(15 Augustus) omstreeks 20:00 op die Enselspruitpad gevind.

Die lyk van ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 35 is gisteraand(15 Augustus) omstreeks 20:00 op die Enselspruitpad buite Potchefstroom gevind.

Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is die Buffelshoek polisie besig om ‘n saak van moord te ondersoek.

“Dit blyk dat die oorledene, wie nog onbekend is, dood is aan ‘n skietwond in die maag,” het Moleko gesê.

Verlede maand het die Herald berig oor twee lyke wat in die omliggende area gevind is met skietwonde in albei se koppe. Beide slagoffers is, is ook nog nie identifiseer nie.

Volgens Moleko word daar nog nie ‘n verband tussen die twee moorde ondersoek nie.

“‘n Doodsondersoek moet nog gedoen word,” het sy gesê.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/35840/two-bodies-found-victims-believed-shot-execution-style/

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button