NewsNews

Sekuriteitswag sterf op sy pos

'n 33 jarige sekuriteitswag wat by Huis Anna Viljoen in Ben Pienaarstraat werk is vandag (6 September) omstreeks 10:30 oorlede.

‘n 33 jarige sekuriteitswag wat by Huis Anna Viljoen in Ben Pienaarstraat werk is vandag (6 September) omstreeks 10:30 oorlede.

Hy is glo deur ‘n ander werknemer bewusteloos gevind waarna IMR ambulansdienste in kennis gestel is.

Volgens Leon Nell van IMR het hulle met aankoms gevind dat die man geen tekens van lewe gewys het nie. KPR is gedoen maar daar was steeds geen verandering nie, hy is na Potchefstroom Hospitaal toe vervoer terwyl IMR aanhou KPR toepas het.

By die hospitaal het die dokters oorgeneem maar na ‘n ruk wat hy steeds geen teken van lewe gewys het nie, is hy dood by die hospitaal verklaar.

Die presiese oorsaak van sy dood is nog onbekend maar die polisie was ook op toneel om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button