NewsNews

Leeus loop nog rond

Die vyf rondloperleeus wat naby Fochville gesien is is steeds soek.

Die vyf rondloperleeus wat naby Fochville gesien is is steeds soek.
Volgens kapt. Ernst Appel, polisiewoordvoerder, is kenners ingebring om te help.
“Hulle was oor die naweek in die gebied waar hulle kameras op verskeie plekke opgestel het om dié ontwykende katte op te spoor,” het hy gesê.
Die Herald se Facebookblad het behoorlik gegons nadat die nuus van een rondloperleeu wat op kamera vasgevang is, bekend gemaak is.
Verskeie mense het gemeen dis nie ’n leeu nie, maar eerder ’n luiperd of selfs net ’n groot kat. ’n Boer wat naby die Enselspruit graansilo’s boer het ’n kalf verloor en natuurbewaring meen die manier waarop die kalf gevreet is, lyk soos die werk van ’n leeu. Kort daarna is twee rooibokke in die gebied ook gevreet.
Dié video is reeds 123 keer op die Herald se Facebookblad gedeel.
Volgens Drew Abrahamson van Captured in Africa wil dit voorkom of daar een mannetjie en vier wyfies in die gebied is.
“Hulle kom heel moontlik almal van dieselfde plek af, daarom beweeg hulle saam,” het sy gesê.
Sy sê dis moontlik dat die leeus vanaf ‘n onwettige telery kom, omdat niemand nog die leeus opgeëis het nie.
. Die Herald het verlede jaar oor leeuwelpies berig wat in ’n student se woonstel gevind is.
Mense wat kommentaar op Facebook oor die leeus gelewer het, meen dat hulle ’n goeie afskrikmiddel vir skurke is:
Henk Colyn: Hulle moet daai leeus net daar los, veediefstal het die afgelope maand drasties afgeneem.
Eldrick Jordaan: Jip, dan kan mens so ’n bees of wat elke maand aan die leeus afstaan… baie goedkoper as die diefstal.
Annelize Fourie: Wens ek kan een van die leeus kry… om my waghond te wees!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button