NewsNews

Gesloer met komitee belemmer ontwikkeling in Potch

Die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuurswet (SPLUMA) komitee vir Potchefstroom is vir die afgelope twee jaar nog nie saamgestel nie.

Die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuurswet (SPLUMA) komitee vir Potchefstroom is vir die afgelope twee jaar nog nie saamgestel nie.

Die gevolg hiervan is dat geen ontwikkeling in Potchefstroom goedgekeur kan word nie.
Verskeie ontwikkelaars het hulle misnoeë in briewe teenoor die munisipale bestuurder en burgemeester uitgespreek.
Volgens Chris Landsberg, DA koukusleier, is daar ook al heelwat aansoeke van ontwikkelaars teruggetrek oor die gesloer oor die samestelling van die komitee.
“Die ANC het die samestelling van die SPLUMA-komitee al verskeie kere uitgestel omdat die aansoekers nie aan hulle politieke doelwitte voldoen het nie. Daar is by die ANC geen dringendheid met betrekking tot die beginsel dat ontwikkeling uiteindelik inkomste vir die Raad beteken nie,” het hy gesê.
Volgens hom sal daar volgende Vrydag om 10:00 ’n veelparty komitee bymekaar kom om aansoeke vir komiteelede te oorweeg om sodoende ’n aanbeveling aan die raad te doen.
Die samestelling van die komitee moet bestaan uit amptenare in voltydse diens van die munisipaliteit, persone aangestel deur die raad wat nie munisipale amptenare is nie, maar kennis en ervaring van ruimtelike beplanning, grondgebruikbestuur en grondontwikkeling het.
Munisipale raadslede mag nie as lede van ‘n munisipale beplanningstribunaal aangestel word nie. Die komitee moet uit minstens vyf lede bestaan en die ampstermyn is vyf jaar of minder. Lede mag nie vir ‘n aaneenlopende tydperk van 10 jaar dien nie.
* Die munisipaliteit het sedert verlede week nog nie op navrae van die Herald hieroor reageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button