Vivaldi se Vier seisoene by Aardklop
Vivaldi het sy Vier seisoene in 1723 vir ’n strykorkes gekomponeer. Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het. Nou het hierdie driestuksmusikante die Vivaldi-werk op ’n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ’n orkes. Die sonnette is spesiaal deur dr. Dawid …

Vivaldi het sy Vier seisoene in 1723 vir ’n strykorkes gekomponeer.
Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het.
Nou het hierdie driestuksmusikante die Vivaldi-werk op ’n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ’n orkes. Die sonnette is spesiaal deur dr. Dawid de Villiers uit Italiaans in Afrikaans vertaal, word deur Joubert voorgedra en bind die vier musikale seisoene saam.
Kom reis deur die jaargetye met woord en musiek met Schalk Joubert (baskitaar en voordrag), Petrus de Beer (viool) en Stanislav Angelov (trekklavier). Die vertaling van lirieke (Italiaans na Afrikaans): Dr. Dawid de Villiers
Musiek: Antonio Vivaldi Musiekregie: Petrus de Beer
Vervaardiger: Petrus de Beer
NG Kerk Miederpark: 4 Oktober om 11:00, 5 Oktober om 13:30 en 6 Oktober om 16:00. Dit duur 70 minute, is vir die hele gesin en in Afrikaans. Kaartjies kos R125.



