NewsNews

Aardklop is hier

O julle, julle het seker agtergekom dinge is aan die gebeur vir Aardklop! Ek sien anderdag daar is klaar hekke opgesit. Ek neem aan dit is sodat mense nie kan wegdwaal nie. Nou ja maatjies, my vennote het ook hier in Potchefstroom opgedaag. Julle gaan ‘n kans kan kry om vir Skottelspop en Skottels marionet …

O julle, julle het seker agtergekom dinge is aan die gebeur vir Aardklop! Ek sien anderdag daar is klaar hekke opgesit. Ek neem aan dit is sodat mense nie kan wegdwaal nie.
Nou ja maatjies, my vennote het ook hier in Potchefstroom opgedaag. Julle gaan ‘n kans kan kry om vir Skottelspop en Skottels marionet te ontmoet. ‘n Marionet is ‘n pop wat met toutjies beheer word. Ek is dankbaar my lyfie word nie deur so baie toutjies beheer nie.
Ek sal myself heeltemal knoop en oor my eie voete val. Tot die Moya en Mouse poppe het ook aangemeld. Hulle is baie opgewonde om julle te ontmoet. Hulle oefen hard aan ons Skottels liedjie wat ons volgende week vir julle ook gaan leer. Ek het bietjie mamma se boud gebyt sodat sy moet klaarmaak met my tweede boek. So my tweede boek, “Skottels se familie” gaan by die poppekas vertonings beskikbaar wees.
Ag dis lekker om almal so in rep en roer te sien. Ek dink die arme organiseerders, dis nou die mense wat moet sorg dat alles glad verloop, het seker bietjie hoofpyn oor al die reëlings wat getref moet word. Die mense wat Aardklop toe kom, weet nie altyd van die probleme voor die tyd en tydens Aardklop nie. Tannie Alexa, die hoof organiseerder, moet my maar net roep as ek moet kom boude byt. Mense beweeg nogal vinniger as hulle my sien. Nou toe, maters, ek mag nie veel meer sê nie, so maak seker julle kry julle Skottels kaartjies en kom sê vir ons hallo op 3 en die 4 Oktober.
Skottelende groete
Skottels

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button