NewsNews

Potchefstroomse toergids is beste in Noordwes

Potchefstromer Samuel Seleke is nie net ‘n goeie toergids nie, maar die beste in die Noordwes, en streef daarna om die beste in die land te wees. Hy is onlangs as Noordwes se Toergids van die Jaar by die 2017 Lilizela Tourism Awards aangewys, en gaan in Oktober ’n kans staan om die titel as nasionale wenner te dra.

Om ’n toergids te wees, moet ’n mens kennis dra van die natuur en die omgewing. Jy moet weet wat om oor elke dier, elke klip en elke besienswaardigheid waarheen jy jou kliënte neem, te sê.

Hierdie kan alles in boeke opgelees word en kan met jare se ondervinding bemeester word.
Om ’n goeie toergids te wees, vereis ’n heel ander tipe toewyding. ’n Goeie toergids ken nie net sy omgewing nie, maar hy verstaan dit.

‘n Goeie toergids gee vir sy kliënte waarvoor hulle vra, en dan nog ’n bietjie meer.
Hy styg uit bo dit wat van hom verwag word en kan met ’n bietjie ekstra moeite, verseker dat sy kliënte keer na keer sal terugkom, omdat hy ’n goeie toergids is.

Potchefstromer Samuel Seleke is nie net so ‘n toergids nie, maar die beste in die Noordwes, en streef daarna om die beste in die land te wees. Hy is onlangs as Noordwes se Toergids van die Jaar by die 2017 Lilizela Tourism Awards aangewys, en gaan in Oktober ’n kans staan om die titel as nasionale wenner te dra.

Seleke se passie vir die natuur is reeds gevestig toe hy as jong man by Boskop Dam Natuurreservaat begin werk het.
Hier het hy besef dat hy meer wil leer oor al die mooi dinge wat die land het om te bied, en sy kennis met ander te deel.

Seleke, besig om te doen waarvoor hy lief is. Foto’s: Verskaf
Seleke, besig om te doen waarvoor hy lief is. Foto’s: Verskaf

Hy het toe opleiding ontvang as ’n toergids en het uiteindelik ’n paar jaar gelede sy eie toergids-onderneming met die naam Seleke Tourist Guide, begin.

Hy fokus meestal daarop om toeriste meer te leer oor die Vredefort Koepel, waar hy meeste van sy tyd deurbring, maar hy bied ook spesiale toere in Ikageng Township, Soweto, Pilanesberg Park, die Hartebeespoortdam slangpark, die Cradle of Humankind, Golden Gate, Taung Skull en vele ander opvoedkundige en ontspanningstoere.

Hy het ’n passie daarvoor om die jeug bewus te maak van hoe belangrik die natuur en die omgewing is, en die veiligheid van sy kliënte is sy eerste prioriteit. Sy harde werk en toewyding word weerspieël in die toekennings wat hy reeds ontvang het.

Hy is in 2013 en 2014 tydens die Potchefstroom toerisme-toekennings as die beste toergids aangewys. In 2014 is hy ook as die beste toergids by die Noordwes provinsiale toerisme-toekennings aangewys.

In 2013 tot 2015 het hy die Dr Kenneth Kaunda-toekenning gekry vir die beste toergids en in 2015, 2016 en 2017 het hy die Lilizela-toekenning gekry vir die beste toergids in die Noordwes Provinsie. Nou ding hy mee teen die beste toergidse in die land en hoop om vanjaar homself te kan voorstel as die beste toergids in Suid-Afrika.

Seleke sê dat dit sy droom is om met dié toekenning te kan wegstap, aangesien hy sy hele loopbaan al daarvoor werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button