NewsNews

Luiperdspelers van aanranding beskuldig

'n Groep Luiperdsrugbyspelers wat ook studente by die Puk is, word daarvan beskuldig dat hulle twee mans en 'n vrou Saterdagaand (30 September) omstreeks 23:15 aangerand het.

‘n Groep Luiperdsrugbyspelers wat ook studente by die Puk is, word daarvan beskuldig dat hulle twee mans en ‘n vrou Saterdagaand (30 September) omstreeks 23:15 aangerand het.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is ‘n man, sy suster en swaer in ‘n parkeerterrein glo sonder rede aangerand.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het bevestig dat die groep, studente by die Potchefstroom-kampus is.

“Die aangeleentheid is reeds onder die aandag van ons Studente Dissiplinêre kantoor gebring, en sodra die polisie ondersoek afgehandel is, sal die dissiplinêre proses van die universiteit voortgaan,” het hy gesê.

Die Luiperds Rugbyunie het in ‘n verklaring gesê dat daar reeds ‘n interne ondersoek geloots is. In die verklaring het die unie homself van een van die beskuldigdes gedistansieer deur te sê dat hy nie betrokke is by die unie nie.

“Die Luiperds Rugbyunie wil die publiek verseker dat ons nie sulke gedrag goedkeur nie en ons spreek ons spyt uit oor die gebeure,” lui die verklaring.

Volgens Manyoba word ‘n saak van aanranding ondersoek.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/video_of_the_day/video-rugbyspelers-val-familie-aan/

Lees vandeesweek se Herald vir meer oor die storie.

 

CSS, Crime ad

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button