NewsNews

Jong man verdrink byna by dorpswembad

‘n Jong man is gelukkig om te lewe nadat hy gistermiddag (9 November) omstreeks 13:00 byna by die dorpswembad verdrink het.

‘n Jong man is gelukkig om te lewe nadat hy gistermiddag (9 November) omstreeks 13:00 byna by die dorpswembad verdrink het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op die toneel gekom waar hulle die man wat vermoedelik in sy 20’s is, gevind het. Die swembad se lewensredders was reeds besig om KPR toe te pas.

ER24 het oorgeneem en stabiliseer waarna hy in ‘n kritieke toestand na Potchefstroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Meiring is die man glo deur die lewensredders gesien waar hy in die swembad gedryf het. Hulle het hom dadelik uit die water gehaal en KPR toegepas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button