NewsNews

Student geskors oor Facebook-uitlating

Die student wat reageer het op die Swart Maandag optogte teen plaasmoorde, is onlangs skuldig bevind dat sy in stryd met die waardes van die NWU opgetree het.

Die student wat reageer het op die Swart Maandag optogte teen plaasmoorde, is onlangs skuldig bevind dat sy in stryd met die waardes van die NWU opgetree het.
Dit volg nadat Phomolo Maoba in ‘n Facebook kommentaar gesê het: “Dit gaan nie help dat julle swart dra nie, julle gaan almal vermoor word soos julle meester Terreblanche (sic).
Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, is sy permanent vanaf die instelling geskors, maar die skorsing is opgeskort vir die duur van haar studies. Sy is ook ‘n boete van R5 000 opgelê.
Maoba, ‘n lid van Golden Key Society, ’n organisasie vir topstudente in hul vakrigtings, het later op haar eie Facebook-profiel verskoning gevra.
“Ek wil hê almal moet weet dat ek regtig jammer is oor die ongeskikte/rassistiese kommentaar wat ek gemaak het.
“Ek haat nie witmense nie, ek pleit met almal dat julle my sal vergewe. Ek het ‘n vreeslike groot fout gemaak. Niemand verdien om vermoor, aangeval of gekaap te word nie.
“Toe ek die inskrywing maak was ek omgekrap oor ander kommentaar wat ek gelees het.
“Ons is almal mense en maak foute, asseblief Suid-Afrikaners, vergewe my,” lees die inskrywing wat sy gemaak het.
Maoba het intussen haar Facebook-profiel uitgevee.
Die Vryheidsfront plus het ook die student by die Menseregte Kommissie (MRK) vir haatspraak aangekla. Vroeër vanjaar is ’n student vir twee jaar geskors, opgeskort vir die oorblywende tyd van sy studies.
Dit is op voorwaarde dat hy nie weer so ’n oortreding begaan nie. Hy is ook R5 000 beboet nadat hy skuldig bevind is op klagtes dat hy die universiteit se naam in oneer gebring en deurdat hy rassistiese en diskriminerende opmerkings in sosiale media gemaak het.
Hy het ’n ander student ’n “apie” genoem tydens ’n argument op ’n Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button