CommunityNews

Dienssentrum vier ’n suksesvolle jaar

Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes lewer al sedert 1983 dienste aan die ouer persone van Potchefstroom. Een van hierdie dienste is tuisversorging deur opgeleide versorgers. Hierdie dienste verseker dat ouer persone vanaf ses tot 24 uur per dag in die gemak van hul eie huis versorg kan word. Die doel van hierdie diens is om die …

Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes lewer al sedert 1983 dienste aan die ouer persone van Potchefstroom. Een van hierdie dienste is tuisversorging deur opgeleide versorgers.

Hierdie dienste verseker dat ouer persone vanaf ses tot 24 uur per dag in die gemak van hul eie huis versorg kan word. Die doel van hierdie diens is om die ouer persone so lank as moontlik selfstandig in hul eie omgewing en die gemeenskap te hou.

Vanjaar het die Dienssentrum ‘n geweldige verskil in die lewe van talle ouer persone gemaak. Sowat 62 versorgers het ‘n diens aan 68 ouer persone gelewer. Die versorgers het vanjaar altesaam 1 075 skofte per maand gewerk.
80% van die versorgers het onlangs hul jaareindfunksie by die Dienssentrum gehad, wat hulle baie geniet het.

Van die verpleegsters en versorgers van die Dienssentrum. Foto’s: Verskaf
Van die verpleegsters en versorgers van die Dienssentrum. Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button