Man met messe aangeval by Trimpark-fees
‘n Man is Sondagoggend (17 Desember) na die Potchefstroom Hospitaal geneem nadat hy deur ‘n groep mense met messe aangeval is. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, ao Mpho Manyoba, het die voorval omstreeks 02:00 Sondagoggend buite die winkelkompleks oorkant die Trimpark (The Square) plaasgevind. Die polisie het 7 verdagtes gearresteer. Manyoba sê dat die verdagtes vanaf die …
‘n Man is Sondagoggend (17 Desember) na die Potchefstroom Hospitaal geneem nadat hy deur ‘n groep mense met messe aangeval is.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, ao Mpho Manyoba, het die voorval omstreeks 02:00 Sondagoggend buite die winkelkompleks oorkant die Trimpark (The Square) plaasgevind.
Die polisie het 7 verdagtes gearresteer. Manyoba sê dat die verdagtes vanaf die fees by die Trimpark gekom het.

Die BigDaddy All White-fees word elke jaar op 16 Desember by die Trimpark aangebied en hou tot 06:00 die volgende oggend aan.
In dieselfde tyd is nog ‘n man in die Wandellaan gearresteer nadat hy iemand van hul selfoon en kontant beroof het.
Hou die Herald se webtuiste dop vir meer nuus.




