SportSport

Nuwe jaar, nuwe reëls en nuwe hoop vir NWU se 2018 Varsitybekerspan

Die NWU gaan volgende jaar se Varsitybekerveldtog op die Fanie du Toit Sportgronde begin en eindig met hulle openingswedstryd teen CUT en finale stryd teen Maties wat voor hulle tuisskare gaan plaasvind. Die NWU gaan in hulle nuwe rugbytruie en identiteit volgende jaar die Varsitybeker met alle mag wil verower. Dit volg na ‘n bitter …

Die NWU gaan volgende jaar se Varsitybekerveldtog op die Fanie du Toit Sportgronde begin en eindig met hulle openingswedstryd teen CUT en finale stryd teen Maties wat voor hulle tuisskare gaan plaasvind.
Die NWU gaan in hulle nuwe rugbytruie en identiteit volgende jaar die Varsitybeker met alle mag wil verower.
Dit volg na ‘n bitter teleurstellende veldtog vanjaar waar hulle nie eens die uitkloprondtes gehaal het nie.
Jonathan Mokuena sal hoop om in sy derde jaar aan die stuur van sake weer soos in sy debuutseisoen, die beker in te palm.
Tog is daar ‘n paar moeilike wedstryde wat die NWU in die gesig staar.
‘n Wegwedstryd teen UCT in die winderige Green Mile, sowel as teen die verdedigende kampioene Tukkies in Pretoria, behoort die Potchefstromers deeglik te toets.

NWU se Gideon van der Merwe (regs) gaan weer in 2018 sy stempel in die Varsitybeker wil afdruk, nadat hy 'n goeie seisoen in die Sewesformaat beleef het.
NWU se Gideon van der Merwe (regs) gaan weer in 2018 sy stempel in die Varsitybeker wil afdruk, nadat hy ‘n goeie seisoen in die Sewesformaat beleef het.
Lungelo Gosa
Lungelo Gosa

Die nuwe Varsitybeker Power Play-reël kan ook vir ’n paar taktiese kopsere sorg met die dat spanne vir ‘n beperkte 3-minuut tydstip enige twee spelers van die opposisie van die veld af kan stuur.
Sodoende word dit ‘n 15 teen 13-man stryd en hierdie stok in die wiel het reeds vir kritiek van afrigters en rugbykenners gesorg.
Die idee is dat daar meer aanvallende geleenthede geskep word, maar wat dan van verdediging?
Dit sal interessant wees om te sien hoe dit geïmplementeer gaan word.
Hier is die volledige lys bepalings vir die NWU:

Maandag 29 Januarie – NWU teen CUT – Fanie du Toit Sportgronde (18:30)
Maandag 12 Februarie – UCT-Ikeys teen NWU – Green Mile (Kaapstad) (18:30)
Maandag 19 Februarie – NWU teen UJ – Fanie du Toit Sportgronde (19:00, TV)
Maandag 26 Februarie – NMMU teen NWU – Port Elizabeth (18:30)
Maandag 5 Maart – Tuks teen NWU – Tuks Stadion (Pretoria) (16:45, TV)
Maandag 12 Maart – NWU teen Shimlas – Fanie du Toit Sportgronde (19:00, TV)
Maandag 19 Maart – Wits teen NWU – Wits Stadion (Johannesburg) (18:30)
Maandag 26 Maart – NWU teen Maties – Fanie du Toit Sportgronde (19:00, TV)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button