NewsNews

Pedofiel se seun in Potchefstroom vasgetrek

Die pedofiel Gert van Rooyen se seun, Gerhard van Rooyen, is vandag (28 Desember) in Potchefstroom vir beweerde bedrog in hegtenis geneem. Woordvoerder van die Noordwes polisie, sers. Kelebogile Moleko het vir Maroela Media gesê dat Van Rooyen al vir ‘n tyd deur die polisie gesoek word in verband met verskeie bedrogsake wat teen hom …

Die pedofiel Gert van Rooyen se seun, Gerhard van Rooyen, is vandag (28 Desember) in Potchefstroom vir beweerde bedrog in hegtenis geneem.

Woordvoerder van die Noordwes polisie, sers. Kelebogile Moleko het vir Maroela Media gesê dat Van Rooyen al vir ‘n tyd deur die polisie gesoek word in verband met verskeie bedrogsake wat teen hom gemaak is. Hy en sy vrou is albei by die Klerksdorp polisie in aanhouding en sal more (29 Desember) in die landdroshof in Klerksdorp op aanklagte van bedrog en diefstal verskyn.

In Maart 2013 het Van Rooyen in koerante en op Facebook geadverteer dat hy ‘n huis uit verhuur. Hy het glo vir belangstellendes gesê om ‘n deposito in sy bankrekening in te betaal, en het dan verdwyn met die geld.

Hy het ‘n soortgelyke cing gedoen met ‘n motor wat hy glo wou verkoop. ‘n Vrou van Klerksdorp het R30 000 in ‘n vals rekening inbetaal waarna sy nooit weer van Van Rooyen gehoor het nie.

In Maart vanjaar is Van Rooyen in Gansbaai gearresteer, maar is later op borgtog van R8 000 vrygelaat met voorwaarde wat hy weekliks aan die Villieria polisie sal rapporteer. Hy het egter verdwyn.

Van Rooyen word al vir etlike jare vervolg en het in 1999 glo van die Pretoria-Noord polisiestasie ontsnap terwyl hy besig was om ‘n 15-jaar vonnis vir bedrog te dien. Hy het ook glo voorheen uit Weskoppies ontsnap.

CSS, Crime ad

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button