NewsNews
Man besteel in Walter Sisulustraat
‘n Man het ‘n saak van bedrog en diefstal by die polisie aangemeld nadat hy verlede Sondag, 17 Desember, beroof is. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, ao. Mpho Manyobe, het die man glo saam met ‘n vriend by ‘n kitsbank gaan geld trek waarna hy en die vriend na ‘n kroeg in Walter Sisulustraat is. Die man …
‘n Man het ‘n saak van bedrog en diefstal by die polisie aangemeld nadat hy verlede Sondag, 17 Desember, beroof is.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, ao. Mpho Manyobe, het die man glo saam met ‘n vriend by ‘n kitsbank gaan geld trek waarna hy en die vriend na ‘n kroeg in Walter Sisulustraat is.
Die man het, na hy iets gekoop het om te drink, sy bewussyn verloor. Hy het toe glo ‘n tyd later wakker geword en besef dat sy selfoon, ID dokument en kontant gesteel is. Daar is ook kontant uit sy bankrekening getrek.
Die man sê dat hy die verdagte sal kan uitken. Die polisie is besig om die saak te ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



