
Daar kan moontlik nog lyke in die wrak van ʼn trein, wat tussen Henneman en Kroonstad ontspoor het, gevind word.

Netwerk24 berig dat ʼn vragmotorbestuurder van Klerksdorp Donderdag (4 Januarie) voor die trein ingery het. Daar is reeds 18 mense se oorskot gevind maar polisie op die toneel glo dat daar moontlik nog lyke tussen die verfrommelde treinwaens gevind kan word.
Die trein het aan die brand geslaan kort nadat die vragmotor daarmee gebots het. Twee kinders onderskeidelik 5 en 11 jaar oud se ma, wat saam met hulle op die trein was is tot dusver nog nie opgespoor nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



