NewsNews
Vrou dood na ongeluk in Nelson Mandelarylaan
‘n Vrou is Saterdagmiddag (6 Januarie) omstreeks 16:00 deur ‘n motor in Nelson Mandelarylaan raak gery. Volgens Werner Vermaak, ER24 woordvoerder, het paramedici op die toneel gekom waar hulle die vrou wat glo in haar 20’s is op die middelman gesien lê het. “Ongelukkig kon paramedici niks vir haar doen nie, sy is dood op die toneel …

‘n Vrou is Saterdagmiddag (6 Januarie) omstreeks 16:00 deur ‘n motor in Nelson Mandelarylaan raak gery.
Volgens Werner Vermaak, ER24 woordvoerder, het paramedici op die toneel gekom waar hulle die vrou wat glo in haar 20’s is op die middelman gesien lê het.
“Ongelukkig kon paramedici niks vir haar doen nie, sy is dood op die toneel verklaar,” het Vermaak gesê.
Volgens ‘n man wat glo haar broer is, het hy haar uit die pad probeer stamp voor die voertuig haar kon tref. Die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.
Die twee insittendes van die voertuig het geen beserings opgedoen nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



