Gelukkige Gr. 1-leerder kan groot wen
Ouers kan nou hul Gr. 1’s vir Potchefstroom Herald se Gr.1-kompetisie inskryf. Jou kleinding staan ‘n kans dat die Herald ’n gedeelte van sy of haar jaar se skoolfonds gaan betaal. Verder is daar ook ‘n astronomiese prys vir sy of haar skool! Al wat ouers moet doen, is om ‘n digitale foto van hul …

Ouers kan nou hul Gr. 1’s vir Potchefstroom Herald se Gr.1-kompetisie inskryf.
Jou kleinding staan ‘n kans dat die Herald ’n gedeelte van sy of haar jaar se skoolfonds gaan betaal. Verder is daar ook ‘n astronomiese prys vir sy of haar skool!
Al wat ouers moet doen, is om ‘n digitale foto van hul seun of dogter te neem en na maryke.vanheerden@media24.com te e-pos met die onderwerp “Gr1”.
Die e-pos moet die kind se naam, van, skool en die ouers se kontaknommers bevat.
Foto’s van die graad eens sal weekliks in die Herald verskyn tot alle inskrywings wat tot en met die sluitingsdatum op Vrydag 9 Februarie om 12:00 ontvang is, geplaas is.
Aangesien baie inskrywings verwag word, gaan alle inskrywings in ‘n graad een-bylae in die Herald van 9 Februarie verskyn.
Lesers, ouers en familie gaan dan ‘n geleentheid kry om vir die kleingoed van hul keuse te stem.
Die graad een-leerder met die meeste stemme sal dan die prys wen van skoolgeld wat aan sy of haar skool betaal sal word, asook die prys aan sy of haar skool.
Die naam en foto van die wenner sal in Potchefstroom Herald van 16 Februarie verskyn.
Dis ‘n prys wat nie te versmaai is nie, veral as mens in ag neem dat die meeste skole se jaarlikse skoolgeld etlike duisende rand beloop!
Onthou die sluitingsdatum is 9 Februarie om 12:00, so skud op en stuur sommer nou jou kind se foto in.
* Bepalings en voorwaardes geld



