PAWS reik uit na Promosa troeteldiere
Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) hou op 7 Februarie vanaf 13:00 tot 17:00 ’n uitreik en bewusmakingsveldtog by Laerskool Promosa in Bloemetjiestraat. Daar sal ’n dipbad wees waar troeteldiere vir vlooie en luise behandel kan word. PAWS se veearts sal ook na honde kyk wat dalk êrens ’n stukkende plek het of dalk siek voorkom. …

Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) hou op 7 Februarie vanaf 13:00 tot 17:00 ’n uitreik en bewusmakingsveldtog by Laerskool Promosa in Bloemetjiestraat.
Daar sal ’n dipbad wees waar troeteldiere vir vlooie en luise behandel kan word. PAWS se veearts sal ook na honde kyk wat dalk êrens ’n stukkende plek het of dalk siek voorkom. Ontwurmingspille sal ook vir troeteldiere gegee word.
Indien daar vrywilligers is wat betrokke wil wees, is hulle meer as welkom om PAWS te skakel.
Enige donasies wat kan help om die dag ’n sukses te maak, kan ook na PAWS toe gebring word. Hulle benodig Dettol, Dip, Flee & Tick Powder, troeteldiersjampoe, verbande, breë pleisters, watte, mediese handskoene, ou handdoeke, komberse, kat- en hondekos en enige iets wat moontlik sal kan help met die bewusmakingsveldtog.
Ultimate Pet Care gaan ook betrokke wees om die honde te was en te kam. Hulle benodig dus skenkings van sjampoe. Enigeen wat op enige wyse betrokke wil raak, kan Herman van der Sluis by 082 374 9983 kontak.



