NewsNews

Waterskenkings stroom in

Inwoners van Potchefstroom het behoorlik hul harte vir die droogtegeteisterde Kaapstad en omliggende gebiede oopgemaak. Byna 2 000 liter (1 835,5) water is in minder as ’n week by twee afsetpunte ingesamel. Inwoners van Potchefstroom het van oraloor hierdie projek ondersteun. Die projek wat die breinkind van Talita van der Heever van die Oos-Kaap is, …

Inwoners van Potchefstroom het behoorlik hul harte vir die droogtegeteisterde Kaapstad en omliggende gebiede oopgemaak.
Byna 2 000 liter (1 835,5) water is in minder as ’n week by twee afsetpunte ingesamel.
Inwoners van Potchefstroom het van oraloor hierdie projek ondersteun.
Die projek wat die breinkind van Talita van der Heever van die Oos-Kaap is, het mense in Potchefstroom aangeraak en Ansie Johnson, Adri Strauss en verskeie besighede het dié waterprojek in Potchefstroom op die been gebring.
Die organisasie beoog om teen 17 Februarie 12 000 bottels water in te samel.
Afsetpunte vir skenkings is by gemerkte plekke by Mooirivier Mall, West Acres, Canal Crossing, Miederpark Spar, Water Solutions, die Aardklopkantoor (Molenstraat 69), Obaro asook Absolutely Water, Waterberry Bottelstoor, Akker Bottelstoor, Potch Bottelstoor, asook City Hope Centre in Walter Sisulu rylaan.
Skole en kleuterskole het ook ingespring en beloof om baie water teen 17 Februarie in te samel. Onder die skole wat deelneem is Volkies, Ferdies, ML Fick, Mooirivier, Central en Agape. Kleuterskole is Teddie Tjokkers, Kekkel en Kraai, Byenes, Rep en Roer, Asjassies, Liewe Heksie, Suikerbekkies, Kabouterwoud, Sonskynhoekie, Wikkellyfies, Tjokkerplaas en Japsnoetjies.
Vir nadere besonderhede kan Ansie Johnson by 082 876 0642 geskakel word.
Enige grootte bottels word ingesamel, maar om logistieke redes word 5-liter bottels verkies.
Die bottels moet gemerk wees: Drinkwater (water vir menslike gebruik moet geseël wees), boorgat-, reën- of kraanwater.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button