4 Artillerie groet geliefde Generaal
Die 4 Artillerie regiment in Potchefstroom het verlede Vrydag van genl.maj.Hendrik Gideon Holtzhausen, wat in 1975 aan Gimmies gematrikuleer het en sy loopbaan by 4 Artillerie begin het, afskeid geneem.

Dit is gedoen met ‘n parade tot sy eer.
Genl.maj. Holtzhausen wat reeds vir 42 jaar in die weermag dien, tree aan die einde van Februarie af.

In dié tydperk het hy in sy loopbaan gegroei sodat hy uiteindelik die pos van hoofdirekteur van die weermagstruktuur beklee het.
Sy vrou, twee dogters en seun het almal die parade saam met hom bygewoon.
Die hoogtepunt van die dag was toe hy die kans gegun is om vir ’n finale keer die kanonne af te vuur.
Hooggeplaastes binne die weermag en van die lugmag het ook die dag bygewoon.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/44041/video-4-artillerie-groet-geliefde-oud-gimmie/