NewsNews

Dosent tydens ontploffing beseer

‘n Dosent van die Fakulteit Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is Woensdag 31 Januarie tydens ’n gasontploffing beseer. Volgens Kiewiet Scheppel, woordvoerder van die NWU, was dié dosent besig om ’n gassilinder te ruil vir ’n nuwe een toe die ontploffing plaasgevind het. “Hy het brandwonde opgedoen en is in die hospitaal …

‘n Dosent van die Fakulteit Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is Woensdag 31 Januarie tydens ’n gasontploffing beseer.
Volgens Kiewiet Scheppel, woordvoerder van die NWU, was dié dosent besig om ’n gassilinder te ruil vir ’n nuwe een toe die ontploffing plaasgevind het. “Hy het brandwonde opgedoen en is in die hospitaal opgeneem waar daar aanvanklik ook kommer oor sy oë was,” het Scheppel gesê.
Die dosent, wat verkies het om nie met die Herald te praat nie, is Vrydag 2 Februarie uit die hospitaal ontslaan. Hy sterk tans by die huis aan.
Volgens Scheppel was die silinder buite die gebou. Van die laboratoriums en gange was vir ’n tydperk gesluit om seker te maak dat alles veilig is.
“Daar is geen skade aan die gebou nie,” het Scheppel gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button