NewsNews

Potch Noord hou basaar

Die NG kerk Potchefstroom Noord hou op Saterdag 3 Maart vanaf 09:00 weer basaar. Kom geniet die gebruiklike basaarpoeding, pannekoek, kerrie en rys, gesondheidshoender-wraps, braaiwors en ribburgers. Die koektafel verskaf heerlike gebak en jaffels en daar is ook ‘n kindertafel met gelukspakkies, koeldrank en vele meer. Vanjaar is daar ook die heerlike koffiestalletjie. Moenie die …

Die NG kerk Potchefstroom Noord hou op Saterdag 3 Maart vanaf 09:00 weer basaar.
Kom geniet die gebruiklike basaarpoeding, pannekoek, kerrie en rys, gesondheidshoender-wraps, braaiwors en ribburgers. Die koektafel verskaf heerlike gebak en jaffels en daar is ook ‘n kindertafel met gelukspakkies, koeldrank en vele meer. Vanjaar is daar ook die heerlike koffiestalletjie. Moenie die varsvleistafel met braaiwors en maalvleis vergeet nie.
Daar is ook ‘n arenaprogram wat bestaan uit ‘n hondeskou, rolbal, karatevertoning, die Kings Motorfietsklub, skyfskiet en die aksiebelaaide Bubble Fun en paintballbaan met pyl en boog wat aangebied word deur Pret Arena. Vir die kleiner kinders is daar ‘n springkasteel. Inskrywings vir die hondeskou kos R30 per dier en skop om 09:00 af en net na 10:00 begin die beoordeling! Bring gerus jou hond of ander troeteldier.
Die Cronjé Lemmer kunsuitstalling verleen ook luister aan die basaar! Almal word by voorbaat uitgenooi na die gemeente se 70-jarige fees-erediens op Sondag 11 Maart om 09:00. Die bekende gospelsangers, Jan de Wet, Leon Ferreira, Willie Joubert en Rudi Muller, beter bekend as “Manne wat Glo” gaan hier optree.
Vir nadere besonderhede kan ds. Johan Raubenheimer by 082 377 8539 gekontak word. Die kerk is op die hoek van Meyer- en Silwerstraat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button