NewsNews

Vermoorde boer se selfoon gekry

Dirk Steenkamp, bekende boer en sakeman van die Vredefort-distrik, wat Sondagoggend (4 Maart) op sy plaas Tempe koelbloedig doodgeskiet is, se selfoon is dieselfde aand sowat 900 m van die plaas gekry waar dit in ‘n boom weggegooi is.

Dirk Steenkamp, bekende boer en sakeman van die Vredefort-distrik, wat Sondagoggend (4 Maart) op sy plaas Tempe koelbloedig doodgeskiet is, se selfoon is dieselfde aand sowat 900 m van die plaas gekry waar dit in ‘n boom weggegooi is.

Daar word steeds onverpoosd gesoek na Steenkamp se moordenaars asook sy pistool wat hy by hom gehad het. Lede van LGV het Sondag reeds op die toneel ‘n 9mm patroondoppie gekry. Daar word vermoed dat dit moontik die wapen kan wees waarmee Steenkamp geskiet is.

Steenkamp is geskiet enkele meter vanaf sy woonhuis op die plaas toe hy ‘n waterpomp gaan aansit het. Hy was reeds op pad terug huistoe, toe hy geskiet is. Sy vrou, Miekie, wat in die huis was, het die skote gehoor en hulp van ‘n buurman, George Justice, gevra. Steenkamp is op die toneel gekry en was reeds dood.  Die verdagtes het dadelik na die moord  gevlug.

Talle mense het onmiddellik hulp kom verleen en toegangsroete versper, maar ten spyte daarvan het die soektog na die verdagtes teen vanoggend nog niks opgelewer nie.

Die foto is geneem op die toneel waar die selfoon gevind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button