NewsNews

Bert Otto vier 75ste verjaarsdag

Bert Otto, die eienaar van die gewilde kuierplek in Potchefstroom, Bert’s Pub and Grill, word Sondag 75 jaar oud. Hy was vir 20 jaar deel van die Picardi Hotelgroep waar hy by ’n verskeidenheid hotelle oor die land as bestuurder gewerk het. Hy was ook die algemene bestuurder van die Bloutrein en het vir sowat …

Bert Otto, die eienaar van die gewilde kuierplek in Potchefstroom, Bert’s Pub and Grill, word Sondag 75 jaar oud.

Hy was vir 20 jaar deel van die Picardi Hotelgroep waar hy by ’n verskeidenheid hotelle oor die land as bestuurder gewerk het. Hy was ook die algemene bestuurder van die Bloutrein en het vir sowat vier jaar in Zimbabwe by hotelle gewerk.

Hy het in 1991, na hy as bestuurder by die bekende Kings Hotel in Potchefstroom gewerk het, ’n Chinese restaurant in Potchefstroom gekoop om sy eie besigheid te begin. Die restaurant het hy later omskep in wat vandag bekend staan as Bert’s Pub and Grill, ’n gesellige kuierplek met heerlike kos waar almal lekker saamkuier.

Bert se verjaarsdag word Saterdag 11 Maart by Bert’s Pub gevier. Daar gaan heerlike kos bedien word en goeie spesiale aanbiedinge op produkte wees. Almal is welkom om enige tyd Saterdag daar ‘n draai te maak om die feestelikheid saam met Bert en sy personeel te kom geniet.

Bert Otto. Foto: Marianke Saayman
Bert Otto. Foto: Marianke Saayman

Skakel Bert by die kantoor (018) 294 5124 of op sy selfoon, 076 680 2453 om hom geluk te wens of doen dit in persoon by Saterdag se partytjie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button