NewsNews

Valke voer klopjag uit by Noordwes premierskantoor

Die Valke het vanoggend (8 Maart) by die premier van die Noordwes, Supra Mahumapelo, se kantoor opgedaag met 'n lasbrief om die kantoor te deursoek.

Die Valke het vanoggend (8 Maart) by die premier van die Noordwes, Supra Mahumapelo, se kantoor opgedaag met ‘n lasbrief om die kantoor te deursoek.

Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, streekswoordvoerder van die Valke, is hulle tans besig met ‘n ondersoek na beweerde korrupsie en bedrog in die premier se kantoor.

Sy kon nie dadelik meer inligting bekend maak nie.

Mahumapelo en sy kantoor moes onlangs taai vrae van die komitee van openbare rekeninge in die provinsie (SCOPA)  beantwoord oor die provinsie miljoene rande in onreëlmatige uitgawes aangegaan het. Vrae is gevra rondom die aankoop van mobiele klinieke vanaf ‘n maatskappy gekoppel aan die Guptas en die aanstel van ‘n IT maatskappy wat miljoene rande gekos het maar dat die provinsie nie veel het om daarvoor te wys nie.

Die Premier sowel as senior bestuurders was glo nêrens te sien tydens die klopjag nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button