NewsNews

Eerstejaarstudent verdrink by swembad

'n 34 jarige eerstejaarstudent het gistermiddag omstreeks 15:00 by die NWU se swembad verdrink.

‘n 34 jarige eerstejaarstudent het gistermiddag omstreeks 15:00 by die NWU se swembad verdrink.

Louis Jacobs,NWU woordvoerder, het die voorval bevestig.

Volgens hom het dit tydens ‘n privaat aangeleentheid gebeur en was dit nie tydens enige geskeduleerde universiteitsaktiwiteite nie. Volgens ‘n verklaring wat die universiteit kort na die voorval uitgereik het, was die oorledene saam met ‘n vriend by die swembad. Die student het in die diepkant van die swembad ingespring maar nie weer opgekom nie.

‘n Ander student het ingespring om die eerstejaar te red, waarna paramedici na die toneel ontbied is. Die student is hospitaal toe geneem waar hy later oorlede is.

“Almal wat teenwoordig was, het berading ontvang van die universiteit ontvang so ook die familie van die student. Ons dink aan die familie en vriende van die oorledene tydens hierdie baie moeilike tyd” het Jacobs gesê.

Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button