NewsNews

Gedaantewisseling vir Bult-karwagte

Karwagte van die Team up Clean up-projek wat in 2016 geloods is, het ’n gedaantewisseling ondergaan.

Karwagte van die Team up Clean up-projek wat in 2016 geloods is, het ’n gedaantewisseling ondergaan.
Volgens Santi Britz, wyksraadslid vir die Bult, het hulle baie geleer in die twee jaar wat die projek aan die gang is en is 10 wagte in dié tydperk geïdentifiseer wat baie betroubaar is.
Dié wagte het almal nuwe geel oorpakke gekry waarop hulle name geborduur is.
Volgens Britz is hulle primêre funksie steeds om die straat en parkeerarea op die Bult skoon en netjies te hou en dan ook sommer na voertuie te kyk.
“As mense slegs vir dié karwagte wat deel is van die projek fooitjies gee, sal ander ongewenstes begin wegbeweeg,” het sy gesê.
Britz het die publiek aangemoedig om die wagte te leer ken sodat mense weet vir wie hulle fooitjies moet gee en wie nie.
“Ondersteun die projek deur slegs fooitjies te gee aan die werkers met die geel oorpakke en niemand anders nie,” sê Britz.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button