NewsNews

Slagpalemoord: Beskuldigde erken sy help rooftog beplan

Een van die beskuldigdes in die verhoor van drie mans en ‘n vrou wat van die moord op Koos van der Leeuw aangekla word het erken dat sy help beplan het aan die rooftog.

Een van die beskuldigdes in die verhoor van drie mans en ‘n vrou wat van die moord op Koos van der Leeuw aangekla word het erken dat sy help beplan het aan die rooftog.

Aida Lebaka het voor Marietjie van der Leeuw, die oorlede Mnr. van der Leeuw se weduwee, se getuienis ’n verklaring op rekord geplaas waarin sy sê dat Samuel Motsi, ook een van die beskuldigdes wat by die slagpale gewerk het, haar in Julie 2015 gekontak het omdat hy wou hê sy hom moes help om ’n rooftog by sy werksplek te beplan.
Volgens Lebaka, wat geboorte geskenk het terwyl sy in aanhouding was, het Motsi vir haar gesê dat daar baie maklik baie geld geroof kan word.
Sy het erken dat sy help beplan het aan die rooftog, maar dat sy die dag van die rooftog nie op die toneel was nie.
Jaco de Villiers, wat die oggend by die slagpale was om ’n transaksie met mnr. Van der Leeuw te beklink, het in sy getuienis bevestig dat Motsi as drywer by die slagpale gewerk het.
Volgens hom wou Motsi altyd sy lone in kontant gehad het, hoewel hy die opsie gehad het om dit in ’n rekening te laat inbetaal.

“Ek sal nooit daai gesig vergeet nie, ek het die aand na die voorval nog ’n nagmerrie gehad waarin ek sy gesig weer gesien het.”
So het mev. van der Leeuw getuig nadat st een va ndie beskuldigdes in die hof uitgewys het.

Die verhoor het Maandag in die hooggeregshof in Potchefstroom begin nadat dit reeds sewe keer uitgestel is. Marietjie het eerste haar getuienis afgelê. Talle familielede en vriende was in die hof om haar te ondersteun.
Sy was ’n statige figuur in die getuienisbank waar sy sonder huiwering moeilike, emosionele vrae beantwoord het.
Sy het vertel wat die dag by die slagpale gebeur het en hoe sy haar man aangetref het na die rooftog.
“Hy het op die grond in ’n plas bloed gelê. Ek het by hom gaan sit en vir hom gevra of hy ‘oraait’ is en gesê ek is by jou,” het sy getuig. Volgens haar het haar man se dood ’n geweldige uitwerking op die gesin gehad. “Hy was my alles, en hy is so brutaal uit die lewe geruk. Ons almal se lewens is erg ontwrig,” het sy gesê.
Sy het een van die beskuldigdes, Tefu Mohau, in die hof uitgewys as een van die aanvallers en gesê sy sal nooit sy gesig vergeet nie.
Tydens kruisondervraging het Mohua se regsverteenwoordiger gevra of sy met sekerheid kan sê dat sy kliënt een van die aanvallers was, aangesien sy so getraumatiseer was.
“Ja, ek was erg getraumatiseer maar daar is niks fout met my oë nie,” het sy geantwoord.
Motsi, Lebaka, Bibi Nycamphalala en Mohua word aangekla van onder meer moord en roof met verswarende omstandighede.
Die aanval vroegoggend by die Potchefstroomse slagpale op mnr. Van der Leeuw het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.
Gewapende rowers het die Van der Leeuws omstreeks 06:00 by die slagpale oorval toe hulle daarheen gery het om ‘n transaksie te beklink. Die rowers het sowat R77 000 kontant tydens die rooftog gebuit en mnr. Van der Leeuw in die kop geskiet, nadat hy een van die rowers geskiet het.
Marietjie het tydens die skietery in hul bakkie platgeval en gemaak of sy dood is. Sy was ongedeerd, maar die swaargewonde mnr. Van der Leeuw het enkele ure later in die hospitaal gesterf.
Die rower wat hy geskiet het, is glo later in die kar waarmee hulle gevlug het, dood.
Sy makkers het hom toe glo uit die voertuig gegooi, waarna sy familie ‘n lykbesorger betaal het om hom te begrawe. Mohua en Motsi is in 2015 op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Nycamphalala het nie om borgtog aansoek gedoen nie. Lebaka het verlede jaar vir die eerste keer om borgtog aansoek gedoen, maar dit is geweier.

Lees vorige berigte oor die hofsaak hier:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/45604/slagpalemoord-verhoor-begin-weduwee-getuig/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/2867/moord-my-pa-was-n-held/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/26253/slagpale-moordsaak-weer-uitgestel/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/22098/borgtog-geweier-in-van-der-leeuw-moordsaak/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/38988/slagpalemoord-verhoor-begin/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/4313/beskuldigde-moordenaars-kry-borg/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/39239/slagpale-moordsaak-weer-uitgestel-2/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/17188/verhoor-van-van-der-leeuw-moordenaars-begin-eersdaags/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button