NewsNews

Beskuldigde beweer aanranding: Vou met kruisondervraging

“Ek stel dit aan u dat u nooit aangerand en forseer is om ’n verklaring te maak nie.” So het die staatsaanklaer in die slagpale moordsaak aan een van die beskuldigdes gesê.

“Ek stel dit aan u dat u nooit aangerand en forseer is om ’n verklaring te maak nie.”
So het die staatsaanklaer in die slagpale moordsaak aan een van die beskuldigdes gesê.
Dit nadat dié beskuldigde beweer het dat hy deur die polisie aangerand is om sekere uitwysings oor die rooftog en moord op mnr. Koos van der Leeuw te maak.
Sy getuienis was deel van ’n binne verhoor waar die hof moes beslis of sy uitwysings as bewys in die verhoor toegelaat
sou word.
Die hof het Woensdagoggend bevind dat die inhoud van die uitwysings wel toegelaat word.

Lees meer oor wat nog in die verhoor gebeur het hier:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/46070/slagpale-moord-hof-hoor-hoe-roof-beplan/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/45904/slagpalemoord-beskuldigde-erken-sy-help-rooftog-beplan/

 
Volgens een van die beskuldigdes, Bibi Nycamphalala, is hy die dag van sy inhegtenisname deur polisiebeamptes aangerand. Sy regsverteenwoordiger het dié beamptes ondervra oor die bewering. Almal het dit ten sterkste ontken.
Volgens ao. Bonita Dry, die ondersoekbeampte in die saak, en konst. Sipho Malo wat haar bygestaan het met die arrestasie, was die beskuldigde nooit aangerand of gedwing om enige uitwysings te maak nie.
Sy regsverteenwoordiger het aangevoer sy kliënt se regte is nooit aan hom verduidelik nie. Ook dat sy verklaring in Afrikaans is, ’n taal wat hy nie verstaan nie.
Kapt. Jaco Rautenbach, die offisier wat die uitwysings behartig het, het getuig dat daar ’n tolk teenwoordig was wat Nycamphalala se verklaring vanaf Zulu na Engels vertolk het, waarna hy dit in Afrikaans neergeskryf het. Die tolk het Rautenbach se weergawe bevestig.
Nycamphalala beweer dat hy uit vrees slegs saamgestem het oor wat aan hom gesê is.
Die staatsaanklaer, adv. Kobus Jacobs, het hom tydens kruisondervraging gepeper met vrae.
“Dit is die eerste keer wat die hof hierdie bewerings hoor. Waarom het jou regsverteenwoordiger dit nooit genoem terwyl die beamptes getuig het nie?”
Nycamphalala was vir lang tye stil na die aanklaer se vrae. Hy het sy weergawe verskeie kere verander, eers is hy slegs een keer aangerand, later twee keer en uiteindelik drie keer. Volgens hom was die derde keer nadat hy die uitwysings gemaak het.
Nycamphalala het aanvanklik ook getuig dat hy slegs die uitwysingsdokumente wat reeds opgestel was, geteken het, maar onder kruisverhoor het hy erken dat hy ’n verklaring gemaak het.
Hy het erken dat hy nooit ’n saak van aanranding gemaak het nie en ook nie versoek om ’n dokter te sien na die beweerde aanranding nie.
Sy regsverteenwoordiger het volgehou dat sy regte nooit aan hom verduidelik is nie.
Hy het gewys op ’n dokument waar daar aangedui is dat Nycamphalala eers ingestem het om dié uitwysings te doen en daarna is sy regte eers aan hom verduidelik.
Dry het getuig dat die beskuldigde se regte aan hom verduidelik is ten tyde van sy inhegtenisname.
Hulle het Nycamphalala se nommer by ’n medebeskuldigde, Aida Lebaka, gekry. Sy het toe reeds erken het dat sy help beplan het aan die roof.
Die naam op Lebaka se selfoon was as “Malome” gestoor. Die adres is deur middel van RICA dokumente nagespoor.
Met die polisie se aankoms by die adres in Orange Farm, het hulle ’n ander man aangetref wat se selfoon gelui het terwyl die polisie met hom gepraat het.
Hulle het ’n man gevolg wat op pad na “Malome” se huis was. Hulle het die beskuldigde in die kombuis van ’n huis aangetref en hy het reageer op die naam ‘Malome’.
’n Sak met ’n paspoort, selfone en simkaarte is in sy besit gevind. Nadat hy in hegtenis geneem is, het hy gesê dat hy nog ’n verdagte kan uitwys, waarna hy hulle na ’n karwasplek in Soweto geneem het waar nog ‘n beskuldigde, Tefu Mohua, in hegtenis geneem is.
Die saak is tot 16-20 Julie uitgestel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button