KYK: Bedwelmde man gaan berserk in parkie
Ek as ‘n joernalis van die Herald het vanoggend (3 April) gesien hoe ‘n man berserk gaan in ‘n parkie buite my huis. Ek was in my woonstel toe ek ‘n vreesaanjaende gil hoor. Ek het om die blok na die parkie op die hoek van OR Tambo en Van der Bentstraat (oorkant Avbob) gery …
Ek as ‘n joernalis van die Herald het vanoggend (3 April) gesien hoe ‘n man berserk gaan in ‘n parkie buite my huis.
Ek was in my woonstel toe ek ‘n vreesaanjaende gil hoor. Ek het om die blok na die parkie op die hoek van OR Tambo en Van der Bentstraat (oorkant Avbob) gery en ‘n man gesien wat besig was om te gil, dans en hawelose mense in die parkie te teister.

Die man het erg bedwelm gelyk en ek het hom probeer wegjaag aangesien hy ‘n oorlas vir die mense in die parkie sowel as in die woonstelblokke om die parkie was. Hy het egter net aanhou skree en tekere gegaan. Dit het vir my gelyk asof die man op Flakka was, ‘n aggressiewe dwelm wat ook bekend staan as die Zombie dwelm.
Ek het die polisie gebel maar na die derde onsuksesvolle probeerslag het ek polisiestasie toe gery en ‘n polisiebeampte gevra om dadelik iemand na die parkie te stuur. Ek kon nog nie vasstel of die polisie aksie teen die man geneem het nie.



