NewsNews

Speelparkie nou seksparkie

‘n Publieke speelparkie in die hartjie van Potchefstroom is deesdae eerder ’n seksparkie.

Die berig het op 28 Januarie 2016 in die gedrukte uitgawe van die Herald verskyn

‘n Publieke speelparkie in die hartjie van Potchefstroom is deesdae eerder ’n seksparkie.

Dit word gereeld deur prostitute en hul kliënte besoek.
Inwoners in die omgewing sê die parkie, wat vir kinders bedoel is, lê gedurig vol gebruikte kondome en daar is selfs gebruikte spuitnaalde wat dui op moontlike dwelmmisbruik.
Die parkie is op die hoek van OR Tambo- en Van der Bentstraat. Daar is twee stelle swaaie en ‘n klimraam in die parkie en dit is veronderstel om veilig te wees vir kinders – maar inwoners meen dit is gans te gevaarlik daar.
Mariscka le Roux van ’n woonstelkompleks agter die parkie sê hulle weet nie meer wat om te doen nie.
“Ons kry ook gereeld spuitnaalde en gebruikte kondome in ons tuin soos wat dit oor die heining gegooi word.”
Die woonstelblok, Nooitgedacht, is al sowat 50 jaar oud en het ‘n pragtige tuin. Dit is skokkend om te sien wat net aan die anderkant van die heining gebeur.
In die parkie het die Herald verskeie gebruikte kondome, spuitnaalde, dwelmsakkies, pilhouers en selfs menslike ontlasting gevind.
“Dit is om van naar te word,” sê Le Roux, en sy oordryf beslis nie.
Volgens haar het hulle al die polisie gebel, maar daar is vir hulle gesê die enigste manier hoe die probleem opgelos kan word, is om die parkie toe te maak.
Roland van der Westhuizen, ook ‘n inwoner van Nooitgedacht, se woonstel kyk uit op die parkie. “Ek moet elke aand prostitute daar wegjaag,” sê hy. Volgens hom het daar Maandagaand ‘n groep mense dwelms gebruik, waarna hy die polisie ontbied het. “Ongelukkig is dit ‘n publieke parkie, so ‘n mens kan nie regtig keer dat mense hul dinge daar kom doen nie,” sê hy.
Volgens hom is hy een aand, na hy prostitute weer moes wegjaag, aangeval. “Hulle het hul kliënte opgesteek om my woonstel met klippe en bierbottels te gooi. Nou wag hulle tot ek gaan slaap voor hulle met hul dinge begin”.
Volgens oa Mpho Manyobe, kan die polisie nie verhoed dat daar onwettige dinge in die parkie gebeur nie, die munisipaliteit sal moet sorg dat die parkie toegemaak word. Teen druktyd is daar nog geen kommentaar van die Tlokwe Stadsraad ontvang nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button