NewsNews

Video in openbare belang

Sommige kommentaar op die Herald se Facebookblad oor ‘n video wat deur een van ons verslaggewers geplaas is is dat dit sensasie is.

Sommige kommentaar op die Herald se Facebookblad oor ‘n video wat deur een van ons verslaggewers geplaas is is dat dit sensasie is.

Sensasie in die media is gewoonlik wanneer iets oordryf word wanneer daaroor berig word. Soms is ‘n voorval of gebeurtenis vanself sensasioneel, soos wanneer iemand in die openbaar ‘n spektakel maak.

Vanoggend het ons joernalis berig oor iets wat sy self gesien en gehoor het.  ʼn Man wat, om die joernalis se presiese woorde te gebruik, “beserk gegaan het” en “gelyk of hy erg bedwelmd is”.

Mens kan uiteraard nie sê onder die invloed van watter dwelm die man was en of hy inderdaad bedwelm was nie.  Dit het bloot so gelyk. Uit die aard van sy optrede was dit egter alles behalwe normaal.

Die belewenis van die joernalis, waar die man beserk gaan,  kan ook nie ten volle op die video waargeneem word nie. Mens moes die gille en geskree self beleef om dit te verstaan.

Sy word nou daarvan beskuldig dat sy bloot sensasie gesoek het deur daaroor te berig, dat dit eintlik nie so erg was nie en dat sy nie professioneel opgetree het nie. Volgens baie moes sy eers bevestig het, dat die man wel op dwelms is en nie dalk net verstandelik gestrem of geestelik versteur is nie.

Die agtergrond van die spesifieke parkie is welbekend in Potchefstroom. Die Herald het al verskeie kere oor die probleme by die parkie berig  en deur die “regte kanale” te gebruik soos een kommentator dit noem.

Hier is ʼn paar feite oor die parkie:  Daar word gereeld oop en bloot dwelms gebruik. Daar vind gereeld, byna daagliks, prostitusie plaas,  ʼn 3-jarige seun het in ʼn spuitnaald getrap toe hy in die kompleks wat aan die parkie grens gespeel het. Die spuitnaalde word oor die muur gegooi.  Inwoners naby aan die parkie het ook al met die Herald gepraat oor dwelmgebruik by die parkie.

Die polisie het onlangs ʼn kartonstruktuur wat deur prostitute by die parkie se swaaie opgerig is afgebreek. Volgens die verskeie polisielede waarmee die Herald gepraat het, was die dames heel omgekrap omdat hulle nou in die koue moet besigheid doen.

Verskeie Herald joernaliste was al by die parkie waar mens duidelik kan sien dis nie meer ʼn plek waar kinders veronderstel is om te speel nie.

Dit vorm alles deel van die joernalis se besluit om vir die res van die stad te wys wat daar aangaan. Hopelik help dit dat probleme by die parkie aandag kry.

Met dit as agtergrond bestaan daar meer as ʼn redelike vermoede dat die man in die video saam met twee ander mans deel van die probleem is. Dit is oor hulle en talle ander soos hulle se gedrag en dwelmgebruik wat veroorsaak dat wetgehoorsame inwoners van die stad se kinders te bang is om in die parkie te speel.

Dié wat dit wel gebruik loop ʼn redelike groot risiko om in spuitnaalde en  gebruikte kondome te trap of selfs deur ʼn beserkte bedwelmde persoon aangerand te word. Ons meen dit is in openbare belang om daaroor te berig.

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/46242/kyk-bedwelmde-man-gaan-berserk-parkie/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/39001/seksparkie-naald-beland-kind-3-se-voet/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/46255/speelparkie-nou-seksparkie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button