NewsNews

Twee vas na reeks rooftogte op Bult

Die NWU se beskermingsdienste het flink opgetree om twee selfoondiewe in hegtenis te neem. Dit nadat die Bult area die naweek erg onder rooftogte deurgeloop het.

Die NWU se beskermingsdienste het flink opgetree om twee selfoondiewe in hegtenis te neem.
Dit nadat die Bult area die naweek erg onder rooftogte deurgeloop het.
Drie rooftogte in twee dae in die Bult-omgewing is verlede week by die polisie aangemeld.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die rooftogte in Albert Luthulistraat, Meyerstraat en Dwarsstraat plaasgevind.
’n Damestudent is Donderdag (29 Maart) omstreeks 10:50 van haar selfoon op die brug in Meyerstraat beroof.
Volgens Kiewiet Scheppel, NWU woordvoerder, het twee verdagtes naby die draaihek weggekruip.
Hulle het oor die heining gespring, waarna hulle haar selfoon gegryp en gevlug het. Die student is na beskermingsdienste wat haar in hulle voertuig gelaai het om die verdagtes te gaan soek.
Volgens Scheppel het hulle inligting gevolg wat hulle na die nywerheidsgebied gelei het. Hier het die student die twee verdagtes uitgeken.
Kapt. Chaka het bevestig dat lede van die openbare orde polisiëringeenheid op die toneel gekom het kort na beskermingsdienste, wat gehelp het om die twee verdagtes in hegtenis te neem.
Volgens Scheppel is die student se selfoon nie in hulle besit gevind nie, maar die polisie het dwelms by hulle gekry. Daar word vermoed dat die twee mans die selfoon verkoop het om die dwelms in die hande te kry.


Vroeër op dieselfde dag is ’n vrou omstreeks 06:40 beroof terwyl sy oor die brug in Albert Luthulistraat geloop het. Volgens Chaka het ’n onbekende man verby haar geloop, waarna hy haar handsak gegryp en gevlug het. Volgens Chaka is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die volgende dag 30 Maart omstreeks 15:00, is ’n vrou van haar selfoon in Dwarsstraat beroof.
Volgens Chaka was sy op pad na haar ouma se huis toe ’n blou voertuig met Gauteng nommerplate langs haar gestop het. “Hulle het haar gevra vir aanwysings na Dassierand.
“Nadat sy haar selfoon uitgehaal het om iemand te skakel wat kan help, het een van die verdagtes haar met ’n mes gedreig en het haar selfoon geëis.
Gelukkig het iemand gehoor hoe sy skree en in die straat ingekom, waarna die verdagtes gevlug het,” het Chaka gesê.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Chaka het inwoners gemaan om nie met vreemdelinge te praat nie.
“Al is dit mense wat vir hulp vra, kriminele gebruik mense se goedhartigheid om hulle te beroof,” sê hy.
Sien nog ’n berig van ’n aanval van ’n vrou wat beroof is in Tarentaalstraat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button