NewsNews

Bottomless Coffee Band maak hulle Potch debuut

Die Bottomless Coffee Band sal vir die eerste keer te siene wees in Potchefstroom en hulle bring hulle nuutste vrystelling, Anthelia, saam. Al was die getroude multi instrumentale groep op die verhoog by Aardklop 2017, sal 25 April die duo se heel eerste amptelike vertoning in Potchefstroom wees. Die vertoning vind plaas by die geliefde …

Die Bottomless Coffee Band sal vir die eerste keer te siene wees in Potchefstroom en hulle bring hulle nuutste vrystelling, Anthelia, saam.

Al was die getroude multi instrumentale groep op die verhoog by Aardklop 2017, sal 25 April die duo se heel eerste amptelike vertoning in Potchefstroom wees. Die vertoning vind plaas by die geliefde Toro Coffee Bar, meer van pas was ’n venue nog nooit nie!

“Ons wou nog altyd ’n vertoning aanbied in Potch maar om een of ander rede het ons draaie ons net nooit na Noordwes gelei nie”, verduidelik Lourens Rabé, die een helfte van BCB. “Ons het toe die voorreg gehad om in 2017 twee kort vertonings te speel by Aardklop en sedertdien kon ons nie wag om terug te wees nie.”

Die groep het in Februarie 2018 hulle nuwe album uitgebring en is tans besig om reg oor die land te toer as deel van die bekendstelling. “Die nuwe album bevat 11 splinternuwe oorspronklike snitte, 9 in Engels en twee in Afrikaans “ sê Esté.

“Dit is ’n eerste vir ons om Afrikaanse musiek vry te stel en ons is ontsettend opgewonde en trots oor die twee liedere “Ek Sal Wag” en “Lig wat Skyn”. Ons sien uit om ons musiek vir ’n eerste keer met die mense van Potchefstroom te deel.”

Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar teen R120 by Toro. Die vertoning vind plaas op Woensdag 25 April om 19:30 by Toro.

Related Articles

Back to top button