NewsNews

Wat jy moet weet van more se nasionale staking

Baie mense is paniekbevange oor die beplande nasionale stakings wat more (25 April) landwyd gaan plaasvind. Verskeie mense het al op die Potchefstroom Facebookgroep gevra hoe hulle hiervoor kan voorberei.

Baie mense is paniekbevange oor die beplande nasionale stakings wat more (25 April) landwyd gaan plaasvind.

Verskeie mense het al op die Potchefstroom Facebookgroep gevra hoe hulle hiervoor kan voorberei.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, neem die polisie geen kennis van wettige stakings of optogte in Potchefstroom nie. Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (SAFTU) het duisende werkers uitgenooi om more deel te wees van ‘n optog in opstand teen die minimum lone wat vanaf 1 Mei in werking gestel gaan word.

SAFTU het gister ‘n verklaring uitgereik wat aandui waar betogers oral bymekaar gaan kom. Daar is egter geen punt van samekoms in die Noordwes nie. Betogers beplan om in Gauteng, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, Limpopo en KwaZulu Natal bymekaar te kom.

Provjoints (Provinsiale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur) van die  polisie in die Noordwes het in ‘n persverklaring mense gewaarsku om nie betrokke te raak by enige onwettige stakings en optogte nie. Hulle sê dat gemeenskapspolisiëringsforums moet aktief deel  neem aan die bekamping van enige onwettige aksies tydens stakings soos diefstal, die beskadiging van infrastruktuur, intimidasie, aanranding en enige gewelddadige onwettige gedrag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button