NewsNews

Jong danser maak geskiedenis by 2018 Pukki Talentfees

Die 2018 Pukki Talentfees was ‘n ware kunste-karnaval vanjaar met twee pragvertonings wat op 10 en 11 Mei by die Sanlam Ouditorium op die NWU plaasgevind het. Van die talentvolste NWU studente en personeellede het aan hierdie besondere aand deelgeneem en behoorlik geskitter. NWU Potch Kunste en die KSR Kunsteraad het hierdie spogaand aangebied. DM …

Die 2018 Pukki Talentfees was ‘n ware kunste-karnaval vanjaar met twee pragvertonings wat op 10 en 11 Mei by die Sanlam Ouditorium op die NWU plaasgevind het.
Van die talentvolste NWU studente en personeellede het aan hierdie besondere aand deelgeneem en behoorlik geskitter. NWU Potch Kunste en die KSR Kunsteraad het hierdie spogaand aangebied.
DM de Kock was die algehele wenner en het geskiedenis gemaak met sy dansstuk “Supermarket Flowers,” wat die adjunk-visekanselierstrofee vir die Kontemporêr Uitvoerende-afdeling gewen het.

Foto’s: Wouter Pienaar

De Kock is die eerste persoon wat met ’n dansitem dié prys in 35 jaar verower. Sy se passievolle en hartroerende roetine op die maat van Ed Sheeran se treffermusiek het die gehoor en beoordelaars in vervoering gehad.

Segomotso Shupinyaneng het ook die adjunk-visekanselierstrofee vir die algehele wenner in die Klassiek
Uitvoerende-afdeling verower met haar treffende operastuk. Haar beheer van haar stem tesame met haar sprankelende persoonlikheid op die verhoog het definitief die oor en oog gevang.

Ander items wat die aandag getrek en behou het was Janus Kruger se “Kaptein Duiwel” drama opvoering, Dian Maritz se akoestiese kitaarspel met “Ocean” en die groep Purple Rage se oorspronklike komposisie.

Die vyf-man sang ensemble, Black Note, het ook die gehoor se aandag met hulle diep en sielvolle stemme gehad. Mpumelelo Mongewabone se tradisionele treffer “Yakhal’inkomo” het die gehoor laat hande klap dat die dak lig.
Adriaan Jacobs se “Adriaan & Charlie” buikspraak-roetine het vir die aand se komiese vermaak gesorg en die verskeidenheid op die aand versinnebeeld.

Hier is die lys van wenners:
Visiekanselierstrofee vir die Skeppende-afdeling:
Gretchen Crots
Adjunk-visekanselierstrofee vir die Kontemporêr Uitvoerende- afdeling:
DM de Kock
Adjunk-visekanselierstrofee vir die Klassiek Uitvoerende-afdeling:
Segomotso Shupinyaneng
Kontemporêr Uitvoerende- afdeling kategoriewenners:
Vokaal Solo: Mpumelelo Mongewabone
Vokaal Duet: Christine Ferreira & Tshepo Taole
Vokaal Groepe: Black Note Ensemble
Toneel: Jeanine Malan
Dans: DM de Kock
Instrumentaal: Dian Maritz
Akoestiese Musiekgroepe: Glimpse
Klassiek Uitvoerende-afdeling kategoriewenners:
Instrumentaal: Ruaan Kruyshaar
Vokaal Solo: Segomotso Shupinyaneng
Vokaal Duette: Sibusiso Simelane en Segomotso Shupinyaneng
Skeppende-afdeling kategoriewenners:
Poësie & Prosa: Ernest Else
Visuele Kuns: Gretchen Crots
Oorspronklike Komposisie: PurpleRage
Personeel-kategorie:
Naaswenner: Rochelle Langford
Wenner: Adriaan Jacobs

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button