Op Maandag 7 Mei 2018 het NWU-Potchefstroom die Pukki talentfees in die Sanlam ouditorium met visuele en grafiese beelde geopen. Jaco van der Walt (bestuurder van NWU-Potch Kunste) het gesê dat dit die 35ste jaar is wat die Pukki talentfees so goed presteer.
“Iemand wat talente het is Potch studente. Alle toekomstige studente kom van die NWUf,” het hy gesê. Die Pukki talentfees is nie net daar vir vermaak nie, maar skouspelagtige talente van studente word ook hier ten toon gestel. LeRoux Malan (feesorganiseerder) het bevestig dat die 33 deelnemers professionele hulp verkry vanaf opgeleide onderwysers in die musiek-, drama- en dansbedryf. Die beoordelaars word oor ‘n breë spektrum gekies wat by die volgende kategorieë pas, naamlik: Pukki Visueel, Pukkie Klassiek en Pukki Kontemporêr. Volgens studente op die Potchefstroomkampus word die Pukki talentfees geskep as ʼn platvorm waar studente hulle talente op die verhoog kan uitleef. Die Noordwes-Universiteit is nie ‘n skool vir kunste nie, maar die kunste en talente van die studente is meer interessan as die fakulteite.
Pukki Klassiek word geopen met ʼn dramatiese, komiese en tragiese gevoel vanaf die deelnemers se instumentale, klassieke opera werkstukke. Hierdie aand word beoordeel deur Lynette van der Merwe en Gerhard en Margeret van Wyk. Die wenners in die onderskeie kategorieë is ook aangekondig, naamlik: Instumentaal gewen deur Ruan Kruyshaar, Opera Duet gewen deur Sibusiso Simelane en Segomotso Shupinyaneng, Opera Solo gewen deur Segomotso Shipunyaneng en ook ʼn prys vir bemoediging aan Stephen Schalkwyk. Die uitstekende Segomotso Shupinyaneng is ʼn tweedejaarstudent in B.A. (Musiek) aan die Noordwes-Universiteit en ʼn oudleerder van Maria’s Dull Hoërskool. Sy is geïnspireer deur haar vriend, Leborna Sello.
“It feels like I’m not myself when I’m on stage. I’m elevating into a different place and a bigger chapter,” het sy gesê. Die aand is afgesluit deur ʼn pragtige duetgroep, De Casta Divas (stigters van die groep: Samkelisiwe & Tshegofatso). Die Pukki Kontemporêre aand is op 10 Mei deur die opwindende Pukki dansers geopen. Die atmosfeer is verewig toe Nádine (Musiek Roulette se aanbieder) op die verhoog gestap het as die seremoniemeester. Die 33 deelnemers het hul beste gelewer in die kategorieë drama/vertolking, musiek en dans, wat beoordeel is deur Sinki Mlambo, Conroy Cupido, Valenska Constance, Alexa Strachan en Willem Botha.
Percy Mkonto het die hele ouditorium op hul voete gehad met haar optrede: “Nerver Enough” deur Loren Alfred-The Greatest Showman. Pukki Talentfees 2018 maak Noordwes-Universiteit nog elke jaar een van die beste universiteite in Suid-Afrika, deur die studente se talente. Die wenners van die vorige aand het as gaskunstenaars opgetree en Segomotso het weer eens die gehoor verras met haar pragtige sopraanstem. Die aand is afgesluit deur Megan Danner. ʼn Gala-aand was nog die beste manier om ʼn fees af te sluit op Vrydag 11 Mei.
Dit gee die studente ʼn kans om hulself uit te vat vir hierdie gesogte aand. Volgens Nádine is dit verblydend om te sien hoe hierdie studente wat iets heel anders studeer as kunste, met hulle werkstukke die gehoor en beoordelaars laat lag en hu.. Die wenners van die Pukki talenfees 2018 is die volgende:
Visekanselierstrofee vir Skeppende Afdeling: Gretchen Crots,
Adjunk visekanselierstrofee vir die Kontemporêr Uitvoerende Afdeling: DM de Kock,
Adjunk visekanselierstrofee vir Klassiek Uitvoerende Afdeling: Segomotso Shupinyaneng.
Kontemporêr Uitvoerende Afdeling: Vokaal Solo: Mpumelelo Mongewabone
Vokaal Duet: Christine Ferreira en Tshepo Taole,
Vokaal Groepe: Black Note Ensemble
Dans: DM de Kock
Instrumentaal: Dian Marits,
Akoestiese Musiekgroep: Glimpse
Skeppende Aafdeling kategoriewenners: Poësie & Prosa: Ernest Else
Visuele Kuns: Gretchen Crots,
Oorspronklike Komposisie: PurpleRage
Personeel Kategorie: Naaswenner: Roshelle Langford
Wenner: Adriaan Jacobs.
Sien hier die video onderhou wat Jade met die sanger Nadine gehad het.