NewsNews

Grond aan munisipaliteit oorhandig

Tydens ‘n vergadering van die JB Marks burgemeesterskomitee en senior bestuurslede van die NWU, het die NWU die titelakte van ‘n stuk grond wat vroeër deur die PUK Ontwikkelingstrust (MSW) aan die munisipaliteit geskenk is, oorhandig.

Tydens ‘n vergadering van die JB Marks burgemeesterskomitee en senior bestuurslede van die NWU, het die NWU die titelakte van ‘n stuk grond wat vroeër deur die PUK Ontwikkelingstrust (MSW) aan die munisipaliteit geskenk is, oorhandig.

Die titelakte is eers in April vanjaar geregistreer. Die 3,0590 hektaar ter waarde van R5 miljoen, volgens die munisipale waardasie van 2016, is geskenk om die munisipaliteit te help om die aanloopbaan van die plaaslike lughawe te verleng met die oog op die 2010-FIFA-Wêreldbeker.
Die simboliese oorhandiging van die oorspronklike titelakte van oordrag is deur die Noordwes-Universiteit se uitvoerende direkteur finansies en fasiliteite, me. Elmarie de Beer, gedoen. Die uitvoerende burgemeester, rdl. Kgotso Khumalo, het die skenking namens die stadsraad aanvaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button